Kry finansiële rus vir jou gemoed
Kry finansiële rus vir jou gemoed
30
Sek
Reaksie
Tyd
- Kry n ervare skuldberadingskonsultant wat die hele pad saam met jou stap om finaal van jou skuld ontslae te raak.
- Ons dra jou belange op die hart en ons skuldberadingspan sal alles in hul vermoë doen om jou by te staan.
- Ons uitstekende rekord wys dat 98% van ons kliënte uiteindelik skuldvry en tevrede is.
- Ons beskerm jou teen regstappe en batebeslagneming deur kredietverskaffers.
- Verminder jou maandelikse paaiemente aansienlik en verlaag jou rentekoers tot met byna 100%.
- Ons ervare skuldberadingskonsultante bied ’n vertroulike gratis, en verpligtingvrye assesering van jou skuld.
DRIE STAPPE TOT 'N SKULDHERSIENINGSPROSES EN 'N LEWE SONDER SKULD!
Voltooi die “Terugbelversoekvorm” en een van ons konsultante sal jou kontak om ’n verpligtingvrye assesering van jou skuld te doen..
Ons sal al jou kredietverskaffers, kredietburo’s en die NCR (Nasionale Kredietreguleerder) skakel en jy sal dadelik verminderde maandelikse paaiemente betaal in ooreenstemming met wat jy kan bekostig. Jy word ook teen enige regstappe beskerm.
Ons ervare span is aan jou sy op elke tree van jou pad na ’n skuldvrye lewe!
Getuigskrifte
I would like to say to the team that I almost killed myself because of debts as the banks turned their backs on me. The moment I started debt review, I had a reason to fight to pay off all my debt. From now on, to me you are the debts doctor and a king of them all.
Vhangani Phistos MakhadoI would like to thank everyone from your team who helped me to become a person I am today with my financial life, especially Chris for helping from day one when I was really feeling weak. Thanks again for your time and help.
Gabisilele ZunguThe level of service I have received has been outstanding over the past few weeks. Thank you for assisting me with this process and allowing me to gain control over my finances. It is a great feeling to now be debt free and to remain so going forward.
Venessa VisserV&A
Kredietverskaffers kan nie regstappe teen jou instel as jy amptelik onder skuldberading is nie. Al jou skuld word in een bekostigbare, maandelikse betaling met ’n verlaagde rentekoers gekonsolideer. Dit beteken dat jy bo en behalwe die beskerming van jou bates, ook maandeliks minder vir jou skuld sal betaal.
Jy sal nie vir ‘n konsolidasie-lening by enige finansiëlediensteverskaffer kwalifiseer as jy oorbelas is nie. As jou huidige skuldstatus oorbelastingting wys, het jy nie die opsie van ‘n konsolidasie-lening nie. Die enigste realistiese en bekostigbare manier om te verhoed dat jy jou bates verloor, is om skuldberadingsdienste by ons te soek. Een van die beste skuldberadingsmaatskappye in Suid-Afrika. Ons skuldberadingsproses kan jou onmiddellike batebeskerming bied ingevolge die Nasionale Kredietwet en jou op ’n koers plaas vir die oplossing van jou skuldprobleme deur jou skuld te hersien; deur dit in een bekostigbare maandelikse terugbetaling te konsolideer, jou maandelikse skuldterugbetalings en rente te verminder en om jou kredietrekord te herstel nádat jy jou hersiene skuldverpligtinge nagekom het.
Sukkel jy om jou skuld terug te betaal? Het jy agter geraak met jou skuldterugbetalings, of loop jy die gevaar om in die onmiddellike toekoms agter te raak? Dit is tekens dat jy na alle waarskynlikheid oorbelas is. Hoe gouer jy vir skuldberading aansoek doen, hoe beter. Sodra ‘n kredietverskaffer met regstappe begin, bestaan die risiko dat die betrokke skuld nie by jou skuldherstruktureringsplan ingesluit kan word nie. Hoekom stres en nog meer slaap verloor? Voltooi ‘n Terugbelversoekvorm sodat ons vandag nog kan begin met jou gratis skuldberading-assesering!
Ons het baie ondervinding met die hantering van kredietverskaffers, en ons skuldberadingskonsultante onderhandel daagliks herstruktureringsvoorleggings met al die groot kredietverskaffers. Jou skuldberadingskonsultant sal ’n hergestruktureerde skuldplan voorstel wat vir jou bekostigbaar en aanvaarbaar is op grond van jou finansiële posisie. Ons sal dan jou voorgestelde skuldberadingsplan na ons genomineerde prokureurs verwys, wat ’n hofbevel in die Magistraatshof sal verkry om jou hergestruktureerde skuldplan wettig te verklaar. Hierdie hofbevel word verkry volgens die Nasionale Kredietwet en beskerm jou bates terwyl jy onder skuldberading is.
Nee, jy hoef nooit enige hofverrigtinge by te woon nie. Ons genomineerde prokureurs sal die hofbevel vir jou bekom en die regskoste met betrekking tot die hofbevel is ingesluit by jou verminderde maandelikse skuldterugbetalingsbedrag.
Jy benodig ‘n maandelikse inkomste sodat ons ‘n verminderde skuldterugbetalingsplan aan jou kredietverskaffers kan voorlê. Daarom sal jy nie vir skuldberadingsdienste kwalifiseer as jy tans werkloos is nie. Ons stel voor dat jy ‘n nuwe werk kry en ons dan kontak vir bystand met jou skuld as jy nog steeds oorbelas is.
As jy besluit om aansoek te doen vir skuldberading, sal ons al jou kredietverskaffers kontak om hulle in te lig oor jou skuldberadingstatus. As enige van jou kredietverskaffers of selfs hul skuldinvorderaars jou kontak, kan jy hulle bloot na jou konsultant verwys. Hulle mag jou nie dreig om enige eise teen jou in te stel nie. Ons sal alle kontak met jou kredietverskaffers hanteer vir die tyd wat jy van ons skuldberadingsdienste gebruik maak.
Skuldhersieningsmaatskappye vereis dat jy ’n gesamentlike skuldberadingsaansoek saam met jou gade indien as jy binne gemeenskap van goedere getroud is. Ons kan nie ‘n enkel aansoek indien as jy binne gemeenskap van goedere getroud is nie. Julle sal gesamentlik deel van die skuldberamingsproses moet wees.
Die mate waartoe ons jou maandelikse skuldterugbetalingsbedrae kan verminder, hang af van jou tipe skuld. Niemand kan die rentekoerse op verbandlenings en voertuigfinansiering sodanig verlaag dat dit ‘n 60%-vermindering in die skuldterugbetalingsbedrag tot gevolg sal hê nie. Op onversekerde lenings is dit egter moontlik. As jou skuld net uit onversekerde lenings bestaan, kan ons dieselfde vir jou doen. As jy egter ook ’n verband- of voertuigfinansiering het, sal niemand jou skuldterugbetalings met meer as 60% kan verminder nie. Moenie enige maatskappy vertrou wat beweer dat hulle dit kan doen nie.
Call Back
Please complete the below form to be connected with one of our WhatsApp agents.